FOTO: Twitter @LucyLiu

FOTO: Twitter @LucyLiu

Het jy gehoor?

FOTO: Lucy Liu se babaseun via surrogaat

Die talentvolle aktrise Lucy Liu kan nou die titel ‘moeder’ op haar reeds indrukwekkende CV voeg, berig USA Today

Haar mediaverteenwoordiger het die goeie nuus bevestig: “Lucy is nou die trotste ma van Rockwell Lloyd Liu, wat via surrogaat in die lewe gebring is … Mamma en baba is gesond en gelukkig.”

Die 46-jarige swartkop het sosiale media gebruik om met haar eersteling te spog.

Introducing the new little man in my life, my son Rockwell Lloyd Liu. In love!

A photo posted by Lucy Liu (@lucyliu) on

Volgens Hello! het Lucy in 2010 reeds oor moederskap gesels: “Ek het nog nooit gevoel asof dit te vroeg of laat is vir enigiets nie … Ek dink nooit die tradisionele manier van dinge doen is vir my nie, ek het nie ’n tradisionele lewe nie.”

Baie geluk, Lucy!

Bronne: Hello! en USA Today

Lees nou