FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

FOTO: Só lyk Kelly Clarkson se eersteling River Rose!

Kelly Clarkson het dié naweek die eerste foto van haar pragtige baba, River Rose, op sosiale media gedeel en dit lyk asof dié beeldskone dingetjie haar ma se hart behoorlik bly maak!

Trotse ma Kelly Clarkson het net langer as ’n week gewag ná die geboorte van haar kleinding voordat sy haar aan die wêreld gewys het. Sy het dié foto van River Rose Blackstock op Twitter gedeel. Dit is haar en haar man, Brandon Blackstock, se eersteling.

River Rose is op 12 Junie gebore en het by geboorte 2.9kg geweeg. Sy is beslis sterk en gesond, siende dat sy reeds model speel vir haar eerste fotosessie!

Kelly is absoluut verheug en noem vir River Rose die “beste ding op die planeet.”

Kelly het nie ’n maklike swangerskap gehad nie. Sy het aan Ellen DeGeneres vertel dat sy tot 12 keer per dag naar geword het en dat sy glad nie gloeiend en mooi was in dié 9 maande nie.

Sy en Brandon, haar agent se seun, is in Oktober verlede jaar getroud. ’n Klein groepie familie en spesiale vriende het die seremonie bygewoon, asook Brandon se twee kinders uit sy vorige huwelik. Kyk HIER na foto’s van dié spesiale dag.

Addisionele bron: Huffington Post

 Nóg celeb-babas