FOTO:  http://www.worldbabyshower.org/

FOTO: http://www.worldbabyshower.org/

Het jy gehoor?

FOTO: Só lyk Shakira se nuwe babaseun

’n Week ná die geboorte van haar jongste pienkvoet, het Shakira ’n foto van haar babaseun, Sasha, op Twitter gedeel.

“Ons wil jou graag voorstel aan Sasha Piqué Mebarak – besoek die volgende webtuiste om hom te ontmoet: worldbabyshower.org” het die ma van twee geskryf. Dis enersyds ’n poging om nuuskierige aanhangers tevrede te stel, maar ook om hulle te herinner en te motiveer om Unicef, wat behoeftige kinders help, te ondersteun. 

FOTO: Webtuiste worldbabyshower.org

FOTO: Webtuiste worldbabyshower.org

Shakira, wat veral bekend is as “Waka Waka-sangeres, het aanhangers eers geterg deur slegs ’n foto van Sasha se voetjie op sosiale media te plaas. Die bloedjie mag dalk sy pa Gerard Piqué se voete hê, maar hy het sy ma se oulike neus.

Kyk hier wat die betekenis agter Sasha se naam is.