Het jy gehoor?

FOTO: Ma Charlize straal op rooi tapyt by Snow White-première

Theron speel die rol van die bose Koningin Ravenna, en sy en haar mede-sterre, Kristen Stewart (Snow White) en Chris Hemsworth (Huntsman), was ewe stralend op die rooi tapyt. Stewart het pragtig gelyk in haar Marchesa-ontwerp, maar het erken dat sy nie kon wag om die rok te verruil vir iets meer gemaklik nie.

En Charlize was nie die enigste nuwe ouer in die kollig nie. Hemsworth, óók ‘n nuwe pa, se babadogtertjie, India, is Vrydag 11 Mei gebore. Sy vrou, Elsa Pataky, het in Londen die lewe geskenk.

“Nee, ek en Chris gee nie vir mekaar baba-raad nie. Ek is self ‘n nuwe ouer, en tans probeer ons albei net ons eie ding doen,” het Charlize gesê toe sy gevra is of sy en Chris raad uitruil.

Hier’s enkele hoogtepunte van die première in Londen, Maandag 14 Mei 2012

[box:red:full:both]

Snow White and the Huntsman is ‘n moderne weergawe van dié sprokie. Die Huntsman neem vir Sneeuwitjie die woud in om haar dood te maak, maar word dan haar mentor en beskermer in ‘n poging om die bose koningin te uitoorlê.

Die fliek begin 1 Junie in Suid-Afrika op die grootskerm wys

[/box]