FOTO: Facebook  Mark Zuckerberg

FOTO: Facebook Mark Zuckerberg

Het jy gehoor?

FOTO: Mark Zuckerberg se eersteling gebore

Die stigter en uitvoerende hoof van Facebook, Mark Zuckerberg, en sy vrou, Priscilla Chan, se eersteling is gebore, berig People

Die trotse pa het die nuus op sy Facebook-blad bekend gemaak: “Ek en Priscilla is bly om ons dogter, Max, in die wêreld te verwelkom!”

Volgens The New York Times het die nuwe ouers ’n ope brief aan die sowat week oue baba geskryf, waarin hulle aankondig hulle gaan tydens hul leeftyd 99% van hul Facebook-aandele aan liefdadigheid skenk. Dié aandele is tans $45 miljard werd.

“Soos alle ouers wil ons hê jy moet grootword in ’n wêreld wat beter is as ons s’n … Ons sal ons deel doen om dít ’n realiteit te maak, nie net omdat ons jou liefhet nie, maar ook omdat ons ’n morele verantwoordelikheid teenoor alle kinders van die volgende generasie het,” lees ’n deel van die brief wat op Facebook gepubliseer is.

Lees die volledige brief hier.

Boodskappe van gelukwensing het op sosiale media ingestroom: “Ek en Bill Gates kan nie wag om vir jou te ontmoet nie. Jy is gelukkig om so ’n wonderlike ma en pa te hê,” het Melinda Gates, sakevrou, filantroop en vrou van Bill Gates, geskryf.

Bronne: People en The New York Times

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!