FOTO Gallo Images / Getty Images

FOTO Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Matthew McConaughey (weer) onherkenbaar vir nuwe fliek

Die Oscar-bekroonde akteur Matthew McConaughey is Sondag in New York afgeneem op die stel van sy nuutste fliek, Gold, berig E! Entertainment. Van sy gewone sexy voorkoms is daar nie veel te sien nie. Hy het nou ’n bles, dra ’n kunsgebit en hy het gewig aangesit vir dié rol. 

Gold gaan oor ’n sakeman en ’n geoloog wat na Indonesië reis om daar vir goud te spekuleer.

E! Entertainment het foto’s van Matthew op hul webblad gepubliseer waarin mens hom byna nie kan herken nie.

Screen Shot 2015-10-05 at 2.31.59 PM

Dit is nie die eerste keer dat Matthew sy voorkoms vir ’n rol verander nie. In 2013 het hy 21,7 kg verloor vir die rol van ’n MIV/vigs-lyer in Dallas Buyer’s Club, wat uiteindelik vir hom in 2014 ’n Oscar besorg het. Hy het 61,3 kg geweeg en het ná die tyd gesê die gevolge daarvan was sleg vir sy gesondheid en sy oë het verswak, berig Daily Mail.

Matthew McConaughey het sy eerste Oscar gewen vir Dallas Buyers Club  VIDEOGREEP: YouTube

Matthew McConaughey het sy eerste Oscar gewen vir Dallas Buyers Club
VIDEOGREEP: YouTube

Matthew het aan E! Entertainment vertel hy pas sy oefenroetine aan by die tipe rolle waarvoor hy voorberei. Hy het gesê hy het nog nie een keer die afgelope 4 jaar met gewigte geoefen nie.

Klik HIER vir nog foto’s.

Lees ook