FOTO: Instagram 

melanie_griffith57

FOTO: Instagram melanie_griffith57

Het jy gehoor?

FOTO: Melanie Griffith kap terug ná kritiek

Die aktrise Melanie Griffith is beslis nie op haar mond geval nie! Toe internet-boelies haar aanvat, het sy sosiale media gebruik om hulle op hul plek te sit, berig E! Online

Volgens US Weekly het sy verlede week lelike kommentaar ontvang toe sy ’n foto van haar bene op sosiale media deel. Iemand het gevra of dit ’n man se bene is.

Hawaii with my feet up

A photo posted by MELANIE (@melanie_griffith57) on

Die 58-jarige blondine het daarna dié selfie op haar Instagram-blad gedeel en onderaan geskryf: “Ek is 58 … Gaan voort en sê nog nare goed van my.”

Melanie se boodskap het talle postiewe reaksie gekry: “Jy is pragtig. Ek hoop om so goed soos jy op 58 te lyk,” het een van haar aanhangers geskryf.

Ná 18 jaar se getroude lewe het Melanie en die akteur Antonio Banderas verlede jaar aangekondig hul huwelik is op die rotse, glo weens “onversoenbare verskille”. Dié voormalige glanspaar sal later dié maand, op 20 Desember, amptelik geskei wees.

Hulle het ’n 19-jarige dogter, Stella Banderas.

Bronne: US Weekly en E! Online

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!