FOTO: Instagram m_phelps00

FOTO: Instagram m_phelps00

Het jy gehoor?

FOTO: Michael Phelps gaan pa word!

Die Olimpiese swemmer Michael Phelps en sy verloofde, die model Nicole Johnson, gaan binnekort vir die eerste keer ouers word, berig E! Online

Die 30-jarige atleet het gister dié nuus met sy duisende Instagram-aanhangers gedeel: “Ons het agt weke gelede uitgevind ons verwag ’n baba … en dit lyk of dit ’n seuntjie is!” het dié foto se onderskrif gelees.

A photo posted by Michael Phelps (@m_phelps00) on

Talle boodskappe van gelukwensing het vir hulle op sosiale media ingestroom: “Baie geluk! Ons is bly vir julle,” het een aanhanger geskryf.

Volgens Entertainment Tonight kom dié goeie nuus ná ’n moeilike tyd vir Michael wat in 2014 vir dronkbestuur aangekeer is en daarna in ’n rehabilitasiesentrum opgeneem is.

Michael en Nicole is sedert 2007 ’n paartjie en het in Februarie vanjaar verloof geraak.

A photo posted by Michael Phelps (@m_phelps00) on

Bronne: Entertainment Tonight en E! Online

Lees ook  

ZZZ

Lees hier vir meer inligting!