miley cyrus
Het jy gehoor?

FOTO: Miley Cyrus is PETA se sexyste vegetariër

PETA (Mense vir die etiese behandeling van diere) het pas die aktrise en sangeres, Miley Cyrus as die sexyste bekende vetariër aangewys.

Bo en behalwe haar toegewydheid aan ’n streng vegetariese dieet – waar geen vleis toegelaat word nie – is sy ook ’n groot voorstaander van diereregte. Miley het volgens Paper Magazine ’n jaar gelede haar vegetariese status aangekondig kort ná haar geliefde hond oorlede is.

miley-cyrus-paper-body-image-1433870834

Miley het ander bekendes soos aktrise Kristen Bell en sangeres Ariana Grande uitgestof om dié titel te verwerf.

Ander groot name soos die TV-aanbieder Ellen DeGeneres en die musikant en oud-Beatle Paul McCartney kies ook dié dieet.

Die spyskaart by Ellen se troue aan aktrise Portia de Rossi was slegs veganisties (’n leefstyl-keuse waarin dier-byprodukte soos melk en eiers ook verbode is).

Paul veg vir meer vegetariese spyskaart-opsies in restaurante.

Beyoncé het ook opslae gemaak toe sy onlangs aangekondig het dat sy vir 22 dae ’n veganistiese dieet gaan volg om gewig te verloor.

Plaaslik het die vegetariër-gier ook vlamgevat. Geliefde akteur Marius Weyers het by sy vrou, Evette, aangesluit as vegetariër en hulle geniet dit om sáám nuwe resepte uit te toets. Vir Jo da Silva, 7de Laan se Gita, is dit ook ’n familie-affêre aangesien sy én haar dogter ’n streng vegetariese dieet volg.

Bronne: PETA en Paper Magazine

Lees ook