miley-cyrus-paper-body-image-1433870834
Het jy gehoor?

FOTO: Miley Cyrus se nuwe haarstyl

Die omstrede sangeres Miley Cyrus het Saterdagaand by die 46ste Vanguard-toekennings opgedaag met lang, blonde Rastalokke, berig Huffington Post

Miley is by die geleentheid vereer vir haar liefdadigheidswerk met straatkinders.

 

Dit lyk wel nie asof dit haar eie hare is nie, maar – soos ons nou al vir Miley ken – die lang blonde hare het beslis aandag getrek.

Volgens Entertanment Tonight het die sangeres Linda Perry ’n wit vleuelklavier, wat deur musikante soos Christina Aguilera, Adam Lambert en Gwen Stefani geteken is, vir liefdadigheid opgeveil. Voor die vieling begin het, het Linda vir Miley gevra om dit te lek. Hulle het só $50 000, sowat R711 930, met die verkoop van die klavier ingesamel.

 

Hou jy van Miley se nuwe haarstyl?

  • Ja
  • Nee

Lees ook