Ernst Joubert en Minki tydens haar tweede swangerskap FOTO: Instagram @minkivanderwesthuizen

Het jy gehoor?

FOTO: Minki se babamaag – dis amper tyd!

Minki van der Westhuizen het op Valentynsdag vanjaar bekend gemaak dat sy en Ernst Joubert hul tweede kind verwag. En die tyd vir hul eersteling, Katerien, om ousus te word, kom vinnig nader!

Minki en Ernst wat in Engeland woon waar hy rugby speel, kuier op die oomblik in SA. Minki, wat nou 29 weke swanger is, het foto’s van hulle uitstappies op haar Instagram-profiel gedeel.

Volgens The Juice wil Minki glo hê hul tweede kind moet in Suid-Afrika gebore word. Katerien is in Engeland gebore.

Ernst saam met Katerien op die voorblad van Child magazine.

 FOTO: Bryan Habana word pa – KLIK HIER