Robyn Lawley
Het jy gehoor?

FOTO: Model Robyn Lawley trots op haar postbaba-rekmerke

Die Sports Illustrated-model Robyn Lawley se lyf het ná die geboorte van haar dogtertjie vroeër vanjaar verander. Maar pleks daarvan om haar post-swangerskaplyf weg te wens, deel sy dit vrolik met die hele wêreld. 

Die 26-jarige ma het dié foto waar haar rekmerke duidelik sigbaar is, op verskeie sosialemedia-platforms gedeel en trots gesê dat sy haar “tier-strepe” verdien het.

A photo posted by Robyn Lawley (@robynlawley1) on

Robyn het ook vroue op haar Facebook-blad aangemoedig om hul lywe lief te hê en te aanvaar: “Daar is soveel druk op vroue om goed te lyk. Ons fokus op tekortkominge eerder as om te fokus op hoe mooi ons is … Indien jy sleg voel oor jou lyf, veral ná jou swangerskap, onthou jy is ’n vegter.”

Robyn en haar kêrel van die afgelope 4 jaar, Everest Schmidt, se baba, Ripley Dorothy Lawley-Schmidt, is 7 maande oud.

A photo posted by Robyn Lawley (@robynlawley1) on

Lees ook 

ZZZ

Lees HIER meer oor #StrongerTogether