Naomi Watts. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Naomi Watts. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Naomi Watts se nuwe kapsel

Die aktrise Naomi Watts lyk byna onherkenbaar in die nuutste foto’s wat sy op haar Instagram-blad gedeel het, berig Daily Mail

Vir haar rol in die drama The Bleeder het sy haar kenmerkende blonde hare vir ’n rooi kapsel verruil. “Eerste dag op stel,” het sy onderaan dié foto van haar as rooikop geskryf.

You lookin’ at me? First day on set with #LievSchreiber for #TheBleeder #LindaWepner #ChuckWepner #backtowork

A photo posted by Naomi Watts (@naomiwatts) on


Heelparty aanhangers het haar nuwe voorkoms geprys: “Jy lyk fantasties,” het een geskryf. Volgens Hello! is die nuwe haarkleur heel moontlik net tydelik of selfs net ’n pruik.

Naomi speel die rol van Linda Wepner in The Bleeder wat gegrond is op die lewensverhaal van die bokser Chuck Wepner. Naomi se kêrel, Liev Schreiber, vertolk die hoofrol.

 

Hulle het twee seuns, Samuel (13) en Alexander (8).

Bronne: Hello! en Daily Mail

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!