Nicholis Louw stel binnekort sy nuwe album bekend. Dit titel is nog 'n geheim

Nicholis Louw stel binnekort sy nuwe album bekend. Dit titel is nog 'n geheim

Het jy gehoor?

FOTO: Nicholis Louw op sy matriekafskeid

Ons het matriekafskeidkoors by SARIE.com! Nie net soek ons vanjaar se mooiste matriekafskeidrok saam met Young Solution nie, ons kyk ook na bekendes se ou matriekafskeidfoto’s!

Vandag wys Nicholis Louw vir ons sy matriekafskeidfoto van 1996

Nicholis Louw, sanger

Hy vertel:

“Ek het in 1996 aan die Grens Afrikaanse Hoërskool, Oos-Londen, gematrikuleer. Ek was maar taamlik clueless oor die hele matriekafskeid-ding – én meisies! Toe ek die pragtigste meisie, Tammy Eridge, by ’n sangkompetisie ontmoet, het ek besluit om haar saam te vra. Dit was egter nie so eenvoudig nie – sy het die gewoonte gehad om soos mis voor die son te verdwyn elke keer as ek genoeg moed bymekaar geskraap het! Ek het toe haar nommer in die telefoongids opgesoek en ’n vriendskap het begin. My pa het ons dié aand met sy Camry afgelaai. Ek kan nie eers die tema onthou nie, maar ek kan onthou sy was stil en afsydig. Ek vermoed sy het haar oog op een van my vriende gehad!”

matriekafskeidKyk HIER na al die matrieks wat al vir ons Matriekafskeidrok van die Jaar 2014-wedstryd ingeskryf het!

Opskud! Jy het nog kans tot 31 Oktober om jou rok met ons te deel.

Lees ook