natural_grace
Het jy gehoor?

FOTO: Nicole Kidman en haar baba Faith op voorblad

Klein Faith Margaret is in Desember 2010, met behulp van ‘n surrogaatma, gebore. Haar biologiese ouers is Nicole Kidman en haar man Keith Urban. Will Davidson, ‘n jong Australiese fotograaf is gevra om Nicole vir die voorblad af te neem.

Dit lees in Harper’s Bazaar dat die fotosessie by ‘n plaashuis, ‘n paar uur vanaf Sydney, gedoen is en Davidson het gesê dat Kidman baie gewillig was. Sy was toeganklik en warm toe hulle vooraf gesels het en het geduldig gewag vir ‘n spesifieke Gucci-rok om op te daag. Dit was egter te donker later, en die foto het nie die tydskrif gehaal nie.

Later die middag het haar ander dogtertjie Sunday Rose en klein Faith Margaret daar aangekom om hul ma te sien. Kidman wou hulle eenvoudig nie neersit nie, en Davidson het toe ‘n paar foto’s van haar en haar dogters, spesifiek vir ‘n private familie-album, geneem