Het jy gehoor?

FOTO: Nigella se nuwe lyf + sjokolade haar geheim

Pleks daarvan om op ‘n streng dieet te gaan en baie voedselgroepe uit te sny, het Nigella juis anders besluit. Sy het steeds aan diepgebraaide sjokolade en doughnuts gepeusel, maar erken dat minstens 3 liter water per dag haar gehelp het om gewig te verloor.

“Ek glo in vet. Ek is mal oor diepgebraaide kos, ek glo dat dit jou van binne bevogtig.” ‘n Mars-sjokolade wat diepgebraai word is van haar gunstelinge en sy’t selfs ‘n resep daarvoor.

“Koolhidrate is my vriende,” sê sy. “Ek sal enigiets saam met brood eet. Ek was onlangs in Frankryk en niemand bak beter brood as hulle nie! Dit sou sonde wees om dit nie te eet nie. Brood-en-botter is hul spesialiteit,” sê Nigella.

Haar splinternuwe Italiaanse kookboek, Nigellissima, het pas verskyn.
“‘Regte kos’ is beter vir jou lyf en vel as kitskos of wegneemetes. Jou hele gestel is gelukkiger met regte kos as met verwerkte plastiekkos.

Haar gunsteling-middernag-feeshappie?
“Beslis nie iets wat ek moet kook nie… ‘n goeie baguette met fantasiese bloukaas en ‘n glas rooiwyn kan werk.”

Kyk hoe maak sy ‘n sjokolade-olyfolie-koek op haar nuwe TV-program, Nigellissima

  • Karinvr

    Kan dit regtig nie glo nie!!

  • Coret

    SY LYK SELFS NOG SEXIER NOU DAT SY BIETJIE GEWIGGIES AFGESKUD HET, MAAR NOG STEEDS MET DAARDIE MOOI RONDINGS!

  • Sonja

    Sy WAS nog altyd pragtig en IS nog steeds pragtig!!

  • Antoinette

    Sy lyk stunning!

  • Karin S

    Wat het geword van haar eie leuse van "I like my curves"? Ek sien haar nuwe Italiaanse kookboek word uitmekaar gehaal deur Italiaanse Tannies wat reken sy’t geen idee hoe hulle kos in Italie maak nie!

  • Maggie F

    Nigella is ‘n pragtige mens of sy maer is of ‘n paar kilos (volgens haarself) te veel was. Sy lyk goed en solank sy goed voel in haar eie liggaam en vrede maak daarmee, laat dit haar nog pragtiger lyk. Mooi persoonlikheid maak enige mens mooi.