FOTO: Twitter

FOTO: Twitter

Het jy gehoor?

FOTO: Kelly Clarkson se River Rose

Nuwe ma en sangeres Kelly Clarkson was die afgelope paar maande taamlik stil, maar nou is sy terug by die werk – en haar 3 maande oue dogter het saamgegaan. 

Kelly het vir River Rose saam met haar geneem toe sy haar nuutste musiekvideo geskiet het. Sy sê in die onderskrif van dié foto dat River vir haar op die stel kom kuier het, maar ons wonder tog of River nie ook in die nuwe musiekvideo gaan verskyn nie.

Kyk net hoe tuis lyk so voor die kamera!

Loading

River is visiting me on the set of my new music video shoot for Wrapped In Red! #babysfirstvideo

View on Instagram

Kelly, wat verlede jaar met Brandon Blackstock getrou het, se baba is op 12 Junie 2014 gebore. Sy het al baie in die media gepraat oor haar moeilike swangerskap en het ook onlangs weer op Twitter gesê dat haar oggendsiekte (wat glo 7 maande geduur het!) die moeite werd was as haar babadogter in haar arms aan die slaap raak.

River is Kelly se eersteling, maar Brandon het reeds twee kinders uit ’n vorige verhouding. En Kelly het al in die verlede gesê dat sy baie goed oor die weg kom met haar twee amazing stiefkinders.

Bron: Daily Mail en E! Online

Lees ook