FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

FOTO: Só ontspan die Binnelanders

At Koster en dokter Tertius Jonker kom nie baie goed oor die weg in Binnelanders nie, maar van die skerm af lyk dit of dié twee en die ander dokters lekker kuier.

Só lyk dit op ’n foto wat Stefan Ludik vanmiddag op sy Facebook-blad gedeel het. Op die foto sit vier van Binnelanders se dokters en ontspan by die sepie se ateljee in Randburg, Johannesburg.

Stefan se broer, Hugo, gesels oor liefde en musiek

Stefan, wat oorspronklik van Namibië kom, het die foto gedeel om groete van die Binnelanders-span af te stuur en sy volgelinge ’n lekker naweek toe te wens.

Binnelanders se Ramey Short, Stefan Ludik, Reynardt Hugo en Hans Strydom FOTO: verskaf

Binnelanders se Ramey Short, Stefan Ludik, Reynardt Hugo en Hans Strydom
FOTO: Facebook

Dokters Quinton (Ramey Short), Gustav (Stefan Ludik), Tertius (Reynardt Hugo) en At (Hans Strydom) sit uitgestrek op ’n bank. Hans, wat met ’n groot boek op sy skoot sit, dra ook vir eens nie ’n netjiese broek en kraaghemp by ’n das nie, maar wel die skropklere wat dokters tydens operasies dra.

Ramey Short praat oor sy kosbare Kersfeesplanne

Tertius en Gustav, wat gewoonlik vlootblou skropklere dra, lyk weer of hulle dieselfde klere aanhet as die paramediese spanne wat in ambulanse werk. Ons wonder of daar ’n wending in die storie kom…

Pippa het toe ‘n eenskouer-trourok vir haar groot dag gekies. Kyk HIER na nóg eenskouer-trourokke

WAT DINK JY? WAAROM LYK TERTIUS EN GUSTAV ANDERS AS DIE RES? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.