FOTO: Instagram 
/piercebrosnanofficial

FOTO: Instagram /piercebrosnanofficial

Het jy gehoor?

FOTO: Pierce Brosnan se seun smeul in nuwe Burberry-veldtog

Familietrekke! Nes sy akteur-pa Pierce Brosnan, weet Dylan hoe om voor die kamera te smeul. Volgens E! News hou dié 18-jarige sy lyf model in die nuwe Burberry-veldtog.

’n Hemplose Dylan stoot sy lang hare agtertoe en kyk verleidelik na die kamera. Die modelle Mischa Hart, Bella Yentob, Ruth en May Bell is ook tydens dié fotosessie deur die bekende fotograaf Mario Testino afgeneem, sê InStyle.

Dit is nie Dylan se eerste keer voor die kamera nie. Hy het verlede jaar modelwerk vir Saint Laurent gedoen.

Bronne: E! News en InStyle

Lees ook 

ZZZ

Lees meer hier!