Pierre Spies en sy gesin

Pierre Spies en sy gesin

Het jy gehoor?

FOTO: Pierre Spies se tweede seun gebore PLUS Bob Skinstad word ook pa

Springbok en Blou Bul Pierre Spies se tweede seun saam met sy vrou, Juanné is die naweek gebore! Pierre het dié nuus van Judah Spies se geboorte op Twitter gedeel.

Pierre en Juanné het klein Judah in die wêreld verwelkom. Hulle het dié foto van die pienkvoet gedeel:

Pierre het Donderdagmiddag al op Twitter aangekondig dat die tyd aangebreek het vir die Spies-gesin om Judah te verwelkom. Hy het dié foto daarby gedeel.  

 

Pierre, wat tans weens ’n besering in sy bo-armspier ’n groot deel van vanjaar se rugby-seisoen mis, het verlede jaar vir SARIE vertel dat ouerskap sy lewe heeltemal verander het.

“Dis ongelooflik om ’n kind te kan liefhê. Ek en Juanné sê ons kan nie glo ons is ouers nie,” het hy gesê. Lees dié onderhoud hier

Pierre deel sy foto-album

Nóg ’n oud-Springbok het die naweek pa geword! Bob Skinstad en sy vrou, Debbie Wolff, het gister hul babaseun, Johnny, verwelkom. Bob het op Twitter vertel dat Debbie én Johnny albei goed doen na die kleinding van 3,59 kg gebore is.

HET JY RAAD VIR DIE TWEE PA’S? Los kommentaar onder dié artikel of op ons Facebook- of Twitter-blad.