Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop 
FOTO: Instagram  kensingtonroyal

Kate, Charlotte, George en William by Charlotte se doop FOTO: Instagram kensingtonroyal

Het jy gehoor?

FOTO: Prins George is vandag twee – só gaan hulle partytjie hou

Kensington-paleis het gister ’n nuwe amptelike foto van prins George, wat vandag sy tweede verjaardag vier, op hul sosialemedia-platforms gedeel. 

“Kyk wie raak môre twee! #GelukkigeVerjaardagPrinsGeorge,” lees die foto se onderskrif.

Die bekende fotograaf Mario Testino het die spesiale oomblik tussen pa en seun vasgevang. Hulle is ná prinses Charlotte se doop afgeneem.

Hello! berig dat Kate Middleton, die hertogin van Cambridge, ’n klein partytjie vir haar seun gereël het. Die vieringe sal by die gesin se Norfolk-huis, Anmer Hall, plaasvind.

Weens sy werk as vlieënier by East Anglia se lugambulansdiens sal prins William dalk nie teenwoordig wees nie. Die koningin sal wel dié spesiale geleentheid bywoon as eregas.

Bron: Hello!

Lees ook