FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Prins George in Nieu-Seeland

 

Die Nieu-Seelandse en Australiese toer van prins William, Kate die hertogin van Cambridge, en hul eersteling het vanoggend in die Nieu-Seelandse hoofstad, Wellington afgeskop.

 

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate het soos gewoonlik stylvol gelyk in ’n statige rooi jas en pildooshoedjie vir die eerste dag van hul 3 week-lange toer. Maar alle oë was op prins George wat nou 8 maande oud is.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

George het oulik gelyk in sy roomkleurige trui en wit kortbroekie. Dit is die derde keer dat William en Kate vir George aan die media wys. Die eerste was net ná sy geboorte buite die hospitaal en daarna vinnig net voor sy doop.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en William wys George aan die wêreld
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en Prins George by sy doop in Oktober 2013 FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate en Prins George by sy doop in Oktober 2013
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Baie vergelykings word getref tussen George en William wat ook op byna dieselfde ouderdom sy ouers op hul Australiese toer vergesel het.

Kyk hoe baie lyk George soos William

Dink jy ook George lyk baie soos sy pa? Op dié foto (regs) is William byna dieselfde ouderdom as George.

’n Nuwe styl vir Kate?

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Volgens berigte het die koningin vir Kate gevra om meer koninklik aan te trek vir dié toer. Sy het ook vir haar toegang tot haar persoonlike kleremaker en die koninklike juwele gegee.

Kate het vanoggend ’n silwer borsspeld aan wat die koningin ontvang het op haar toer na Nieu-Seeland in die 1950’s.

Haar rooi jas is ontwerp deur Catherine Walker, wat een van prinses Diana se gunsteling-ontwerpers was.

 

 

 

 

Rooi jas uit die SARIE-winkel

Bron: Daily Mail