Die eerste amptelike familiefoto saam met prins George. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Die eerste amptelike familiefoto saam met prins George. FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Prins George voor sy doop

Presies 3 maande na dié klein prins se geboortedag, is die wêreld weer in rep en roer: prins George word gedoop. SARIE volg dit regstreeks op CNN (kanaal 401 op DStv)

baby2

Dié koninklike doopplegtigheid vind by die koninklike kapel in die St. James-paleis plaas en prins George word deur die Aartsbiskop van Canterbury, Justin Welby, gedoop. Al is dit ’n feestelike geleentheid, is daar ook hartseer herinneringe, omdat ’n gedeelte van prinses Diana se begrafnisdiens ook in dié kapel gehou is.

Water van die Jordaan-rivier in Israel word gebruik om George mee te doop. Na afloop van die plegtigheid sal William en Kate ’n klein geselligheid vir die gaste by hul koninklike woning hou. Die gaste kry elkeen ’n stukkie van die doopkoek wat uit ’n laag van dié egpaar se troukoek bestaan het.

Hier is ‘n foto van Kate, William en klein George wat by die kapel aankom

HRH Prince George Of Cambridge Is Christened At St James' Palace

FOTO: Gallo Images/Getty Images

Bron: Hellomagazine.com, Vogue.co.uk