Kate en Prins George by sy doop in Oktober 2013 FOTO: Gallo Images / Getty ImagesFOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO: Prins George word groot!

Vir die eerste keer sedert sy doop in Oktober is daar weer ’n ‘amptelike’ foto van prins William en Kate Middleton se seun, prins George!

Buiten vir enkele steelfoto’s van dié klein prins is hierdie die eerste foto van hom sedert sy doop. Hy is nou 8 maande oud.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Op dié foto hou Kate, stylvol soos altyd vir George styf vas. Die paartjie se hondekind, Lupo, sit by William. En klein George lyk of hy nie genoeg van Lupo, ’n swart cocker spaniel, kan kry nie. Die prinsie dra ’n ligblou trui met sy naam daarop in wit letters.

Prins William praat oor baba nommer twee

Volgens The Independent is dié foto, wat ’n paar weke gelede geneem is, die naweek gedeel ter viering van Moedersdag wat Sondag in Brittanje gevier is.

Die hertog en hertogin van Cambridge vertrek in April op hul amptelike toer na Australië en Nieu-Seeland – en prins George gaan saam! Prins William was self net nege maande oud toe hy in 1983 saam met prins Charles en prinses Diana deur Australië gereis het. William het glo in dié tyd vir die eerste keer gekruip.

Hoe vier William, Kate en George haar verjaardag?

Nou wag die wêreld opgewonde vir nóg foto’s van prins George en sy ouers wanneer hulle binnekort na Australië en Nieu-Seeland reis.

WAT DINK JY? Lyk klein prins George na sy ma of sy pa? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

  • oulikies

    wonderlik