FOTO: Frédéric Nebinger / Palais Princier de Monaco op  Facebook

FOTO: Frédéric Nebinger / Palais Princier de Monaco op Facebook

Het jy gehoor?

FOTO: Prinses Charlene wys haar tweeling!

Prinses Charlene en prins Albert het vandag hul tweeling, Jacques en Gabriella, aan die mense van Monaco bekend gestel.

Die skare het gejuig toe hulle die maand oue tweeling amptelik ontmoet.

Charlene en Albert het elkeen een baba vasgehou toe hulle op die balkon van die paleis in Monaco gestaan het.

Die 36-jarige Charlene en Albert (56) het geglimlag en gewaai vir die sowat 3 000 mense wat met vlae, baniere en balonne opgedaag het, berig Hello!.

Dit is Jacques en Gabriella, wat op 10 Desember gebore is, se eerste amptelike verskyning. Volgens Monegaskiese wet sal Jacques die troonopvolger wees. Hy sal as His Serene Highness The Hereditary Prince of Monaco, Marquis of Baux, bekend staan en Gabriella se amptelike titel is Her Serene Highness The Countess of Carladès.

Bron: Hello!

Lees ook