FOTO: Facebook/ IPalais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco

FOTO: Facebook/ IPalais Princier de Monaco - Prince's Palace of Monaco

Het jy gehoor?

FOTO: Prinses Charlene se broer trou in Monaco

Prinses Charlene se broer Gareth Wittstock is op 3 September vanjaar getroud, berig Hello!.

Screen Shot 2015-09-15 at 2.14.22 PM

Gareth en sy Ierse vrou, Roisin Galvin, is in ’n eenvoudige seremonie in die stadsaal in Monaco wettig getroud, waarna hulle ’n intieme diens in die St. Charles-kerk bygewoon het. Hul troudag was op Roisin se 28ste verjaardag en hulle het dit ná die formaliteite in vriende se restaurant gevier.

International Business Times berig dat die paartjie deur die burgemeester van Monaco, Georges Marsan, getroud is.

Charlene is die oudste en Gareth is die middelkind. Hul jongste broer, Sean, is in 2013 getroud.

Die volgende dag het die feestelikheid voortgegaan by die Grand-Hotel du Cap-Ferrat naby Nice. Prinses Charlene en haar man, prins Albert, was onder die gaste en hul Suid-Afrikaanse familie was ook teenwoordig. Gareth en Roisin se dogtertjie, Kaia-Rose, wat volgende maand twee word, was die blommemeisie.

Gareth en Roisin het vyf jaar gelede op haar heel eerste aand in Monaco ontmoet. Hy het in ’n eksklusiewe onderhoud aan Hello! vertel dat sy die perfekte vrou vir hom is en dat hy die dag vir haar so spesiaal moontlik wou maak.

Gareth werk in Monaco vir sy koninklike suster se stigting, Fondation Princesse Charlène de Monaco. Hy is ook die peetpa van prinses Charlene en prins Albert se dogter, Gabriella. Sy en haar tweelingbroer, Jacques, sal in Desember hul eerste verjaardag vier.

FOTO: Gareth Wittstock en Nerine Pienaar by die doop van prinses Gabriella en prins Jacques in Monaco. Getty Images/Gallo Images

FOTO: Gareth Wittstock en Nerine Pienaar by die doop van prinses Gabriella en prins Jacques in Monaco Getty Images/Gallo Images

Kliek HIER vir nog foto’s van Gareth en Roisin se troue.

Bronne: Hello! en International Business Times

Lees nou