FOTO: Twitter @MonteCarloSBM

FOTO: Twitter @MonteCarloSBM

Het jy gehoor?

FOTO: Prinses Charlene se (klein) babamaag

Dit is 2 maande sedert prinses Charlene en prins Albert II van Monaco aangekondig het dat Charlene swanger is. 

En die afgelope naweek het die 36-jarige prinses haar babamagie gewys tydens ’n spoggeleentheid ter ere van die Internasionale Rooi Kruis.

Die swanger Charlene, wat glo in Desember geboorte aan ’n tweeling gaan skenk, het pragtig gelyk in ’n moulose donkerblou rok wat tot op die grond hang.

Hoewel dit dié paartjie se eerste kinders gaan wees, is Albert (56) reeds die pa van twee kinders.

Ons het ook gister na ander bekendes se babamagies gekyk – hulle is nie so beskeie soos Charlene nie. Lees HIER “Trots op my bababoep!”.

Addisionele bron: Daily Mail

Lees meer oor prinses Charlene op SARIE.com