FOTO:  Facebook

FOTO: Facebook

Het jy gehoor?

FOTO: Prinses Charlene terug by die werk met klein baba-magie

Prinses Charlene en prins Albert II van Monaco het sowat 2 maande gelede aangekondig dat Charlene swanger is, en sedertdien het die blonde prinses ’n lae profiel gehandhaaf.

Deesdae is Charlene meer in die kollig en sy was verlede week weer aan die arm van haar man by ’n amptelike funksie. Sy het pragtig gelyk in ’n blou vloerlengte-rok by ’n liefdadigheidsgeleentheid – kyk na dié foto’s hier.

Die naweek was sy en Albert gasvrou en -heer vir die Summer Dream-konsert, ’n liefdadigheidskonsert wat by die Pienk Paleis gehou is. Die konsert was ten bate van die prins se liefdadigheidsorganisasie The Prince Albert II Foundation, wat geld  vir omgewingsprojekte insamel.

Albert het vroeër gesê hulle is baie bly oor die swangerskap. Charlene verag glo ’n tweeling en die koninklike babas word na verwagting in Desember gebore.

FOTO’S: Albert, Charlene en haar klein baba-maag by liefdadigheidskonsert

FOTO:  Facebook

Die sangers Roberto Alagna en Aleksandra Kurzak saam met prins Albert II en prinses Charlene FOTO: Facebook

FOTO:  Facebook

Die liefdadigheidskonsert in die paleis se binnehof FOTO: Facebook

Het jy geweet?

  • Die baba sal prinses Caroline (prins Albert se ouer suster) vervang as troonopvolger
  • Prins Albert het reeds 2 kinders uit ’n vorige verhouding – 22-jarige Jazmin en 10-jarige Alexandre. Omdat hulle buite die huwelik gebore is, het hulle volgens die wet in Monaco nie reg tot die troon nie
  • Albert is die seun van prins Rainier III en aktrise Grace Kelly
  • Grace het in 1982 verongeluk. Nicole Kidman speel dié ikoniese skoonheid in die nuwe film Grace of Monaco
  • Rainier is in 2005 oorlede. Sedertdien het Albert by hom oorgeneem
  • Albert en Charlene Wittstock het mekaar ontmoet tydens ’n swemgala in 2000, dieselfde jaar wat sy SA by die Olimpiese Spele in Sydney verteenwoordig het
  • Hulle het in 2006 tydens die Winter Olimpiese Spele in Italië vir die eerste keer gesê hulle is ’n paartjie
  • Hulle het in Julie 2011 getrou.

Bronne: Hello!, BBC en ABC News

Lees meer oor prinses Charlene op SARIE.com