Kaia en Presley Gerber
FOTO: Instagram  (@presley_gerber)

Kaia en Presley Gerber FOTO: Instagram (@presley_gerber)

Het jy gehoor?

FOTO: Cindy Crawford se kinders lyk op ’n haar na hul ma

Dié supermodel se twee kinders lyk op ’n haar na hul beeldskone ma …

Ons het altyd geweet supermodel Cindy Crawford, wat in die 80’s en 90’s naam vir haarself gemaak het, se kinders sal mooi groot word. Maar niemand kon voorspel presies hoe baie Cindy en haar man, Rande Gerber, se twee kinders na hul ma sal lyk nie.

Op ’n foto wat die 48-jarige model onlangs op Instagram van Presley (14) en Kaia (11) gedeel het, lyk dié twee nes hul ma. Kaia het haar ma se smeulende, bruin oë en donkerbruin hare gekry terwyl die blondekop-tiener, Presley, Cindy se ikoniese moesie geërf het.

Volgens die Britse tydskrif Hello! het Cindy onlangs vertel dat sy op ’n jonger ouderdom van haar kenmerkende moesie wou ontslae raak.

Sy vertel dat kinders haar op skool oor dié moesie gespot het, maar dat haar ma haar gewaarsku het dat sy nie weet hoe die letsel sal lyk as sy dit verwyder nie. Vandag is sy dankbaar vir haar ma se raad.

“Dis die ding wat gemaak het dat mense my onthou en dat baie vroue met skoonheidsmerke met my kon identifiseer.”

Dit lyk of Presley en Kaia reeds in hul ma se model-voetspore begin loop. Dié twee het onlangs ’n nuwe profiel op Instagram geskep waarop hulle modelfoto’s van Kaia deel, wat Presley neem. Kyk net hoe mooi!

Nóg bekendes en hul kinders op SARIE.com

BRON: Hello!