FOTO: Instagram  reesewitherspoon

FOTO: Instagram reesewitherspoon

Het jy gehoor?

FOTO: Reese Witherspoon se dogter is haar ewebeeld

Die aktrise Reese Witherspoon en haar 15-jarige dogter, Ava Phillippe, lyk baie na mekaar, berig E!Online

Sy het dié foto van haar oudste kind op haar Instagram-blad gedeel.

FOTO: Instagram  reesewitherspoon

FOTO: Instagram reesewitherspoon

Met hul hartvormige gesigte en vriendelike oë lyk dié twee byna op ’n haar na mekaar.

FOTO: Instagram  reesewitherspoon

FOTO: Instagram reesewitherspoon

In ’n onlangse onderhoud het Reese gesê dat sy hoop om dié lewenslesse aan haar dogter oor te dra: “Moenie skaam wees oor enige van jou lewenservarings nie. Leef voluit: wees nuuskierig, liefdevol en dapper.”

Reese en die akteur, Ryan Phillippe, is in 2007 geskei, en Ava (15) en Deacon (11) is uit dié huwelik gebore.

Bronne: E!Online

Lees ook