Reese Witherspoon FOTO: Getty Images / Gallo Images

Reese Witherspoon FOTO: Getty Images / Gallo Images

Het jy gehoor?

FOTO: Reese Witherspoon se seun, die klein stylikoon

Reese Witherspoon se seun, Tennessee James, is nog nie eers 2 nie, maar hy is reeds besig om soos sy ma ’n stylikoon te word.

Reese het dié foto van haar oulike seun gedeel – in die Amerikaanse vlag se kleure vir die afgelope naweek se Onafhanklikheidsvieringe in die VSA.

Reese deel nie gewoonlik foto’s van haar kinders op sosiale media nie, maar het ’n uitsondering gemaak met haar jongste. Tennessee se pa is die Hollywood-agent Jim Toth.

Reese het ook twee kinders saam met haar eksman, Ryan Phillippe – die 14-jarige Ava, wat op ’n haar na haar ma lyk, en die 9-jarige Deacon.

Reese se wit rokkie herinner baie aan die rok wat Kate, die hertogin van Cambridge, onlangs langs die Wimbledon-baan gedra het.

FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kry dié styl só