Het jy gehoor?

FOTO: Sanger Robbie Williams se troudag

Robbie Williams, bekende sanger, het in Augustus 2010 met sy meisie, Ayda Field, tydens ‘n prettige affêre by sy Los Angeles-huis getrou. Daar was agt honde in die plek van strooimeisies en die troue het ‘n James Bond-tema gehad.

Die Augustus uitgawe van Hello! Magazine het ‘n volle 35-blad foto-album van Robbie se groot dag. “Ek is die gelukkigste man in die wêreld!” het hy verkondig.

“Die troue was betowerend. Dit was wonderlik om al die familie daar te hê en Ayda het so mooi gelyk. Dit was net te veel vir my… “

Robbie het ook een van sy treffer-liedjies, Angels, gesing en het al die gaste oortuig om saam te sing.

Lees meer oor hul verlowing op Kersdag, hul liefde vir realiteitsreekse en dat hulle nie haastig is om ‘n gesin te begin nie (hoewel die gerugte loop dat Ayda reeds swanger is…).

Dit is onlangs bekend gemaak dat Robbie weer ‘n CD saam met sy vorige musiekgroep, Take That, opgeneem het en dat dit binnekort bekendgestel gaan word.

Robbie het aan BBC News gesê dat hy vreeslik opgewonde is oor die hele ondervinding.

robbie williams trou cover pic

  • Marisa

    Dit is pragtig die fotos…sjoe

  • eU2onv xyizbplgjmrl, [url=http://yzjtjqseierx.com/]yzjtjqseierx[/url], [link=http://kcdnuvzafksm.com/]kcdnuvzafksm[/link], http://wilvihehshld.com/

  • Jacomi Grove

    Two of the most beautiful people…!