Rolene_Strauss_smaller
Het jy gehoor?

FOTO: Rolene Strauss se eerste dag as Mej. Wêreld

Ons eie Rolene Strauss (22) is in London ná haar kroning as Mej. Wêreld 2014.

Op haar eerste dag moes sy vele onderhoude toestaan, en sy vertel op Instagram van al die ondersteuning en boodskappe wat sy ontvang het.

“A day filled with interviews and messages filled with love and support. Thank you for each and every message. #ProudlySouthAfrican Wearing a @casperdesigner dress!”

Haar amptelike ontwerper vir die Mej. Wêreld-kompetisie, Casper Bosman, het vir haar ‘n wit, Grace Kelly-styl rok gemaak vir ingeval sy sou wen. Dan kon sy dié rok op die eerste dag van haar titel as Mej. Wêreld dra. En so was dit ook nou!

rolene grace Volg Rolene op Instagram