Het jy gehoor?

FOTO: Ryk Neethling se suster verloof aan Blou Bul-rugbyspeler

Jean-Marié is die pragtige swemmer-model en gesig van Nimue Skin SA en C.J. draf uit vir die Vodacom Blue Bulls. Op Saterdag 30 Junie het hy die groot stap geneem om haar te vra om te trou.

Dit was nie die oorspronklike verlowingsplanne nie, maar C.J. was só opgewonde dat die ring ‘n gat in sy sak begin brand het. Hy het reeds ‘n week vantevore ouers gevra en reëlings getref dat hy en Jean-Marié die Sondag by Kloofzicht Lodge sou deurbring. Maar die Saterdagoggend het hy haar by haar huis met koffie in die bed verras en haar gevra om hom met iets te help. Toe sy in die kombuis kom het hy op sy knie gestaan. Hy moes haar drie keer vra om te trou voordat sy besef het hy’s ernstig! Jean-Marié sê C.J. is van nature ‘n grapmaker. Sy het saam met hom op die vloer gekniel en deurmekaar gelag en gehuil van blydskap. Sy het eers besef dat hy ernstig is toe sy die ring sien.

Die Lodge-planne was toe ‘n viering van hul mooi oomblik met ‘n piekniek en sjampanje langs die rivier. Hy’t haar ook bederf met ’n vollyf-massering by die spa.

Jean-Marié Neethling en C.J. Stander

Albei is daarvan oortuig dat hul mekaar se sielsgenote is en hulle kan nie gelukkiger wees oor die verlowing nie. Jean-Marié sê omdat dit so ‘n verrassing was, is daar nog geen trouplanne nie. Sy sê ook daar is ‘n moontlikheid dat hul volgende jaar Junie die knoop sal deurhaak, maar dat niks nog finaal is nie.

Ryk het sy sussie en C.J. in goeie gees op Twitter gelukgewens met die volgende boodskap: “Congrats to my youngest sister @jmneethling and @cjstander on getting engaged this morning! I’m still cheering for the Cheetahs though”.

Dit lyk of die paartjie weer van voor af verlief is op mekaar.

  • cornelia adams

    Ryk Neethling is regtig n prag van n man en so saggeaard,wel dis soos ek hom opsom,gelukkige vrou wat sy hart hou

  • Julie Atwell

    Sou defnitief my keuse vir n man vir my dogter wees! Pragtige jong man – waardig en stylvol!