Het jy gehoor?

Fliek oor William en Catherine sien die lig

Die Hallmark-kanaal het dié prent gemaak oor die sprokiesverhaal-romanse tussen prins William en sy ‘doodgewone’ meisie wat mekaar by die St. Andrews Universiteit in Skotland ontmoet het.

Dit handel onder meer oor William se militêre opleiding en die tyd toe die paartjie uitmekaar was. Die uiteindelike verlowing, en die beplanning van die troue, vorm ’n groot deel van A Royal Romace.

Daar word ook gefokus op die raad wat William vóór die troue by sy ouma, koningin Elizabeth, gekry het.

Dan Amboyer speel die rol van prins William, en Kate word vertolk deur Alice St. Clair. Jane Alexander is koningin Elizabeth en Victor Garber prins Charles. Die rol van prinses Diana word gespeel deur Lesley Harcourt.

In ’n video-onderhoud voor haar dood het prinses Diana aan William gesê: “Hou vas aan die liefde van jou lewe en beskerm haar met jou hele hart.” Dis baie duidelik dat William dit ter harte geneem het, berig ibtimes.com

[box:full:grey:both]

Kyk hier na die voorprent van William & Catherine: A Royal Romance:

[/box]

Volg SARIE op Twitter en Facebook