Gwyneth by Appel (regs) en Moses (links) FOTO: GOOP

Het jy gehoor?

FOTO’S: Gwyneth Paltrow deel haar vakansie-kiekies en Nuwejaars-voorneme

Die 40-jarige aktrise wat gewoonlik haar kinders van die media beskerm, het foto’s van hul vakansiepret op haar persoonlike webtuiste, GOOP, gelaai.

Apple (8) en Moses (6) het saam met ma Gwyneth en pa Chris Martin op die Karibiese eiland, St Lucia, uitgespan.  

Sy skryf: “Ons is so pas terug van ’n fantastiese (maar ongelukkig kort) vakansie by Sugar Beach – A Viceroy Resort in St Lucia. Dit was hemels.”

Gwyneth het pragtig gelyk in haar swart-en-wit-gestreepte bikini. Sy en Apple het mooi vir die kamera geglimlag terwyl Moses ’n drankie uit ’n kokosneut drink. Sy het grappig bygevoeg dat Mosey (haar troetelnaam vir haar seun) nie ’n piña colada drink nie.

Gwyneth het ook gister op GOOP bekendgemaak dat ’n strawwe dieet nie een van haar Nuwejaarsvoorneme is nie. Sy het geskryf: “Ek volg nie ’n dieet nie (…) Nie dié jaar nie. Ek kan dit nie doen nie (…) Ek wil vir eers aanhou om pasta en kaas te eet, maar dalk net meer versigtig met die bestanddele te wees.”

Gwyneth op vakansie