FOTO: Gallo Images / Getty Images

Het jy gehoor?

FOTO’S: Jennifer Lawrence vóór die Photoshop-kwas en wat sy daaroor sê

Jennifer Lawrence het nie die Photoshop-kwas nodig om haar mooier te laat lyk nie, maar dié pre-Photoshop foto’s van Jennifer laat die internet behoorlik gons.

Die 23-jarige aktrise was die voorbladmodel vir die tydskrif Flare se Junie 2011-uitgawe, maar nou wonder mense of hulle te ver gegaan het met die Photoshop-kwas. Dié geanimeerde foto’s wat op die sosiale netwerk Tumlbr versprei word, wys presies hoe die oorspronklike foto van Jennifer gemanipuleer is.

FOTO: Tumblr

FOTO: Tumblr

FOTO: Tumblr

FOTO: Tumblr

Jennifer self is baie uitgesproke oor Photoshop. Sy het gesê toe sy na die Christian Dior-foto’s gekyk het waarin sy die model is, dat dit nie soos sy lyk nie, omdat hulle dit ge-Photoshop het.

Jennifer Lawrence“Die wêreld het die idee dat jy soos ’n geretoesjeerde perfekte model moet lyk,” het sy in gesprek met Yahoo! se hoof Marissa Meyer gesê. “Maar ons moet verby dit kyk. Jy lyk soos jy lyk en jy moet gemaklik wees. Wat gaan jy doen? Die heeltyd honger wees om ander mense gelukkig te maak? Dis dom!”

Wat dink jy van dié foto’s? Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook– of Twitter-blad!

Bron: Huffington Post