kate_magie
Het jy gehoor?

FOTO’S: Kate se baba-boepie

Die swanger hertogin van Cambridge het voormalige dwelmverslaafdes by die Hope House in Londen gaan ontmoet in haar eerste amptelike verskyning sedert Januarie. Maar die fokus was beslis nie op die liefdadigheidsaak nie. Almal wou sien hoe die swanger Kate lyk.

Sy het ’n nousluitende, grys V-nek-rokkie van Max Mara gedra wat haar klein baba-magie afgewys het. Sy het vriendelik vir die media geglimlag en haar hande oor haar maag gevou.

Die baba word in Julie verwag.