madonna_lourdes
Het jy gehoor?

FOTO’S: Madonna en kroos in Malawi

Madonna het die belofte gemaak: David Banda en Mercy James sál elke 2-3 jaar hul geboorteland gaan besoek en hul families sien.

En sy het haar belofte gehou. Sy het David (7) en Mercy (8) onderskeidelik in 2006 en 2009 in Malawi aangeneem. Al is hulle nou gewoond aan ’n heel ander lewe, wil Madonna hê hulle moenie van hul oorsprong vervreemd raak nie en van hul families vervreem word nie.

Sy het ook haar eie stigting, Raising Malawi, begin. Dít het gehelp om 10 skole regoor dié land op te rig.

Madonna in Malawi

Madonna in MalawiMadonna in Malawi

Toe sy een van dié skole besoek het, Nkoko Laerskool in Kasungu, het dié 54-jarige sangeres ’n verrassing gekry: honderde opgewonde skoolkinders en inwoners het haar met sang en tradisionele danse begroet.

Madonna het hulle met ’n “zikomo” (dankie) bedank.

Al Madonna se kinders het haar op dié toer vergesel: David, Mercy, die 16-jarige Lourdes Leon (wie se pa die fiksheidsinstrukteur Carlos Leon is) en 12-jarige Rocco Ritchie (die seun van haar en Guy Ritchie).   

Madonna in Malawi

FOTO’S: Madonna se Instagram

Madonna en haar kroos is sedert Maandag, 1 April, in Malawi. Hulle het in ’n privaat straler gevlieg en woon in die Kumbai Lodge, ’n luukse hotel.  

Madonna het ook die weeshuis waar sy vir David aangeneem het, besoek.

Maar Madonna was nie altyd ‘n gunsteling onder die Malawiërs nie. Die aanneming van Mercy in 2009 het in die hof gaan draai nadat die Malawiese howe nie dié aanneming wou goedkeur nie. Hello-online berig dat Mercy se oom, Peter Baneti, niks geweet het van Madonna se besoek nie. Dit is onduidelik of Mercy tydens hierdie toer haar oom gaan sien.   

VOLG SARIE OP INSTAGRAM