FOTO: Instagram

FOTO: Instagram

Het jy gehoor?

FOTO: Schalk Burger se nuwe pienkvoet

Die Springbok- en Stormer-rugbyspeler Schalk Burger en sy vrou, Michele, het Vrydag ’n nuwe baba in hul gesin verwelkom.

Die paartjie, wat al byna drie jaar getroud is, het nou twee seuns in die huis. Die nuwe pienkvoet, baba Nicol, is sy ouboet Schalk (2) se nuwe speelmaat. Dit lyk of ouboet reeds baie lief vir sy baba broer is. Kyk net dié oulike foto wat Michele vandag op Instagram gedeel het.

FOTO: Schalk Burger se Michele met haar swanger maag

Schalk, wat tans by die huis is weens ’n besering, is nie die eerste rugbyster wat dié maand ’n nuwe pienkvoet verwelkom het nie. Sy Springbok spanmaat Pierre Spies én die voormalige bok, Bob Skinstad, het ook albei nuwe babaseuns in die huis.