Het jy gehoor?

FOTO: Schalk Burger se suster trou!

Op 3 Desember 2011 was die spog-familieplaas, Welbedacht, getooi vir een van die grootste troues dié dekade: dié van Springbok-flank Schalk Burger en sy Shellie (Michele de Munck).

Net langer as ‘n maand later vier die Burger-gesin nóg ‘n groot liefde met die troue van dogter René Burger en die Prime Circle-baskitaarspeler, Marco Gomes – haar sielsmaat, soos sy hom op haar Facebookblad beskryf.

René en Marco het einde 2010 verloof geraak ná hy haar tydens ‘n Prime Circle-optrede in die gehoor raak gesien het. Hy het dadelik vir sy vriende gesê dat sy die meisie is met wie hy gaan trou. En hy het sy woord gehou! Geluk julle twee!

Marco en René Gomes

* In die Februarie 2012-uitgawe van SARIE (vanaf Maandag 16 Januarie te kry) verskyn die mooiste eksklusiewe foto’s van Schalk en Michele Burger se troue. Moet dit nie misloop nie! ‘n Ware liefdessprokie vir Valentynsdag.

Schalk en Michele Burger

  • Mona

    baie geluk aan altwee paartjies. Sterkte met die huwelik. die harde werk om sukses te behaal van ‘n gelukkige huwelik, begin nou.

  • Matt Heyns

    En sommer geluk met die verwagte kapteinskap van die nasionale rugby voetbal span.

  • waldo kammies

    Ek wil net se baie dankie vir die tipe persoon wat jy is en dat jy die krag en mag gehad het om dit te doen…ek is waldo kammies van douglas n 18 jarige seun op 2 december 2012 is ek verkrag van n man ek het net vir die here gese dat hy my hand moet was hou in die tyd van benoudheid en dat hy my moet help deur hierdie krisis. En dat ek kan sien daar is baie verbetering ek het ook nou deur jou berig gelees dus baie hart breekend ek en jy was op die soort gelyke manier verkrag maar ja ek is man aleen niemand help my teen dit nie mar ek dank god dat ek nog lewe…baie dankie vir jou berig rene sterkte voren toe