FOTO: Instagram 
 micheleburger1

FOTO: Instagram micheleburger1

Het jy gehoor?

Bok Schalk Burger en Michele se nuwe haarstyle ná Wêreldbeker

Twee koppe is beter as een … Die Springbok-rugbyspeler Schalk Burger het, nes sy vrou, Michele, vandeesweek sy kenmerkende blonde hare afgesny. 

Die ma van twee het gister dié foto van haar en haar man met hul nuwe haarstyle op sosiale media gedeel.

Een van Michele se Instagram-aanhangers hou van die nuwe voorkomste: “My wêreld! Ons het lanklaas vir Schalk met sulke kort hare gesien. Julle albei lyk goed en gelukkig,” het hy geskryf.

Schalk en Michele is in 2011 getroud. Twee seuns, Schalk Jr. en Nicol, is uit dié huwelik gebore.

Schalk was in die Springbokspan wat in die Rugbywêreldkampioenskap derde geëindig het. En soos ons hom ken, het hy in elke wedstryd sy beste gegee. Die groep rugbyspelers het Dinsdag uit Engeland teruggekeer.

Schalk het die wêreld se aandag getrek toe hy van lewensgevaarlike breinvliesontsteking herstel het en daarna weer sy internasionale rugbyloopbaan hervat het. Dít het hom ook vroeër vanjaar by die Laureus-toekennings die prys vir Terugkeer van die Jaar besorg – lees meer HIER.

Hou jy van die Burger-paar se korter kapsels?

  • JA
  • NEE

Lees ook

ZZZ