Het jy gehoor?

FOTO: Sean en Carla se babaseun

Vervaardiger Sean Else en sy vrou, Carla, se babaseuntjie, Daniel Ryan, is op 20 September om 19h45 gebore. SARIE.com het voor Daniel se geboorte Carla se ooievaarstee eksklusief gewys – kyk na die foto’s hier.

Sean het op Daniel se geboortedag op sy Facebookblad geskryf: “Perfek en pragtig. Dankie Here vir ons pragtige geskenk. Mamma en baba altwee 100%.”

En gister (10 Oktober) het Carla vir die eerste keer ‘n foto van baba Daniel Ryan se gesiggie op Facebook gelaai – “Sneak-peek van ons mooiste wonderwerk.. Daniel Ryan, welcome to the world, little man. I have no words to describe the love we have for you.. Blessed *”

1380117_400622823400773_1500900974_nCarla en baba Daniel Ryan