shakira
Het jy gehoor?

FOTO: Shakira se jongste seun lyk nes sy pa

Dit is beslis ’n geval van aardjie na sy vaartjie. Shakira se jongste seun, Sasha Piqué Mebarak, lyk nes sy sokkerspeler-pa, Gerard Piqué, berig Hello!

Die paartjie het einde Januarie nog ’n seun ryker geword. Hul eersteling, Milan, is twee jaar oud.

Die Colombiaanse sangeres het ’n nuwe foto van Sasha op haar Facebook-blad gedeel: “Sasha uit vir ’n stappie,” lees die onderskrif. Talle aanhangers het opgemerk dat dié seun sy pa se ewebeeld is.

FOTO: Facebook  Shakira

FOTO: Facebook Shakira

Shakira het die twee ook verlede maand vergelyk toe sy op die Spaanse Vadersdag ’n foto van Gerard en Sasha as babas opgelaai het. “Pa en seun. Gelukkige Vadersdag. ’n Kind tree soos sy pa op”, het die onderskrif in Spaans gesê.

Padre e hijo Feliz día del padre! Shak

A photo posted by Shakira (@shakira) on

 

FOTO: Instagram  shakira

FOTO: Instagram shakira – Pa Gerard en hul oudste seun Milan

Met albei geboortes het Shakira en Gerard met UNICEF saamgewerk om geld vir minderbevoorregte kinders in te samel. Meer as R1 miljoen is reeds ingesamel.

Bron: Hello!

Lees ook