FOTO: Facebook  SHARLTO COPLEY

FOTO: Facebook SHARLTO COPLEY

Het jy gehoor?

FOTO: Sharlto Copley is verloof!

Die District 9-akteur Sharlto Copley het oor die naweek sy model-meisie, Tanit Phoenix, die ja-woord gevra. 

“Sy het ‘ja’ gesê,” het hy onderaan dié foto geskryf, wat hy Saterdag op sy Facebook-blad gelaai het.

FOTO: Facebook  SHARLTO COPLEY

FOTO: Facebook SHARLTO COPLEY

Talle boodskappe van gelukwensing het op sosiale media ingestroom: “Baie geluk! Ek wens julle al die geluk in die wêreld toe,” het een aanhanger geskryf.

Sharlto en Tanit is sedert 2012 ’n paartjie. Hulle is albei Suid-Afrikaners en woon tans in Los Angeles. Sharlto is die ster van groot films soos District 9, Elysium, Maleficent en Chappie. 

Lees nou