FOTO: Phyllis Green

FOTO: Phyllis Green

Het jy gehoor?

FOTO: Simoné Nortmann op haar matriekafskeid

Ons het matriekafskeidkoors by SARIE.com! Nie net soek ons vanjaar se mooiste matriekafskeidrok saam Young Solution nie, ons kyk ook na bekendes se ou matriekafskeidfoto’s!

Simoné Nortmann (Nadia van 7de Laan) het dié foto van haar matriekafskeid in 2008 op haar Twitter-blad gedeel.

Simoné het in Maart 2014 met SARIE se Gloria Cilliers gepraat. Hier is haar raad vir tieners, sowel as hul ouers …

Wat lê jou na aan die hart?

Ek reik gereeld uit na kinderhuise en doen daar vrywilligerwerk. Onlangs het ek in Indië kinderhuise besoek. Ek lewer gereeld motiveringspraatjies vir jongmense by skole en kerke. Dit sal vir my lekker wees om veral  tienermeisies te kan help. Ek is al deur soveel dinge waarmee baie tienermeisies hulle kan vereenselwig en waaruit hulle kan leer. My praatjies gaan nie net oor depressie nie, ek wil hulle ook meer oor eetsteurnisse vertel. Ek was ’n emosionele eter. My gewig het vir jare wipplank gery. Soms sou ek ’n streng dieet volg en net springmielies eet en proteïenskommels drink. Ander kere my aan alles vergryp. Nou dra ek die gevolge daarvan, want my metabolisme is deurmekaar. Daarom probeer ek gesond eet.

Wat is jou raad aan tieners?

Jy kan die lewe se uitdagings oorkom sonder om jouself af te breek. As dinge oorweldigend voel, reik uit, al is dit moeilik. Vertel jou ouers of ’n vertroueling wat jou pla. Jy kry nuwe insig wanneer jy dinge uitpraat.  Erkenning is ’n groot stap. Dis oukei om hulp te vra. Jy gaan régtig oukei wees.

Watter raad het jy vir ouers met moeilike tieners?

Jy het nie misluk met jou kind se opvoeding nie. My ma het baie gewonder of sy iets verkeerd gedoen het. Sy het haarself verwyt, sy was bang om my te ontstel en het nie geweet hoe om my uitbarstings te hanteer nie. Reik uit na jou kind. Daar bestaan nie ’n kitsoplossing nie. Raas gaan nie in alle gevalle help nie, want jy kan nie iets soos depressie weg-dissiplineer nie. Ondersteuning, liefde en meegevoel is wat jou kind eerder nodig het.

Klik HIER om die volledige onderhoud met Simoné te lees.

matriekafskeid

Kyk HIER na al die matrieks wat al vir ons Matriekafskeidrok van die Jaar 2014-wedstryd ingeskryf het!

Kyk ook na …