kate en william
Het jy gehoor?

FOTO: Só lyk prinses Charlotte se doop-muntstuk

The Royal Mint het pas die eerste muntstuk met prinses Charlotte se naam daarop bekend gestel, berig E!Online.

Kensington-paleis het bekend gemaak dat die prinses, wat op 2 Mei vanjaar gebore is, eerskomende Sondag gedoop sal word. Dit is ’n Britse tradisie om ’n munstuk bekend te stel vir die doop van ‘n koninklike baba, en versamelaars is bereid om baie geld daarvoor op te dok.

Die volgende is op prinses Charlotte se munstuk gegraveer: “Om die doop te vier van prinses Charlotte Elizabeth Diana van Cambridge 2015″.

John Bergdahl, wat ook die ontwerper vir prins George se doop-muntstuk was, het die muntstuk ter herdenking van die prinsessie se doop ontwerp.

Die £5-muntstuk is in silwer en goud beskikbaar en kan op www.royalmint.com bestel word. Dit sal jou so bietjie meer as R1 500 uit die sak jaag.

Die ontwerp van die muntstuk is gebaseer op ʼn lelie-doopvont wat sedert koningin Victoria se tyd gebruik word by die doop van koninklike kinders.

Bron: E!Online

Lees ook: