FOTO:  kensingtonroyal

FOTO: kensingtonroyal

Het jy gehoor?

FOTO: Spesiale £5-muntstuk vir klein prins se verjaardag

Ter viering van prins George se tweede verjaardag op 22 Julie gaan die Koninklike Munt ’n £5-muntstuk bekendstel wat die legende van St. George en die draak daarop sal hê, berig Hello!.

Prins George se muntstuk is reeds goedgekeur deur sy ouers, die hertog en hertogin van Cambridge, koningin Elizabeth en die Britse minister van finansies.

Die direkteur van aandenkingsmunte by die Koninklike Munt, Shane Bisset, glo dit was ’n goeie besluit om St. George te kies vir dié spesiale £5-muntstuk, wat £80 (of R1 543,02) sal kos en waarvan daar net 7 500 gemaak sal word. “Die naam George het lankal bande met die Britse koningshuis en sy munte,” volgens Bisset, “en daar was ses konings met dié naam in die munt se 1 000 jaar lange geskiedenis.”

Koningin Elizabeth se gesig sal op die keersy van die muntstuk wees.

Lees nou