FOTO: Instagram  kyliejenner

FOTO: Instagram kyliejenner

Het jy gehoor?

FOTO: Staan Kylie Jenner (17) op trou?

Sosiale media en Keeping up with the Kardashians-aanhangers is aan die gons oor foto’s wat Kylie Jenner op Instagram gedeel het. Hierin lyk dit asof sy ’n verloofring dra.

Daar is selfs sprake dat sy alreeds met haar kêrel, die kletsrymer Tyga, getroud is, berig Life and Style Magazine. Hierdie gerugte kom ná sy op een van die episodes van die dokumentêr I am Cait gesuggereer het dat sy reeds ‘Mevrou Tyga’ is. Caitlyn het vir haar ’n foto van haar ouma Esther gewys waarin sy 17 jaar oud is en genoem dat sy toe reeds getroud was, waarop Kylie geantwoord het: “Amper soos ek, nè.”

FOTO: Instagram @kyliejenner

FOTO: Instagram @kyliejenner

Hollywood Life berig dat Caitlyn en haar eksvrou, Kris Jenner, hul verskille opsy gestoot het om oor hul tienerdogter se verhouding te gesels. “Albei van hulle stem saam dat sy te jonk is om te trou en voel die verhouding beweeg te vinnig,” het ’n bron gesê.

Ander publikasies soos InsideToronto bespiegel weer dat Kylie reeds die modehuis Balmain genader het om haar trourok te ontwerp!

Dink jy Kylie Jenner is te jonk om te trou?

  • Ja
  • Nee

Bronne: Life and Style MagazineHollywood Life en InsideToronto

 Lees ook