Het jy gehoor?

Foto: Swanger Beyoncé by MTV musiekvideo-toekennings

Die Single ladies-sangeres het pragtig gelyk in ’n oranje rok van Lanvin, en sy het gestraal van geluk. Tydens haar optrede het Beyoncé die gehoor aangemoedig om op hul voete te kom en gesê: “Voel die liefde wat binne-in my groei.” Die mense het gejuig!

Sy en haar man, die rapper Jay Z, het in die laaste maand die nuus met hul naaste vriende en familie gedeel. “Hulle is ongelooflik gelukkig, en Jay Z is soos ’n opgewonde kind,” het ’n bron aan people.com vertel.

Beyoncé en Jay Z is al drie jaar getroud. Die baba sal aanstaande jaar in April gebore word.

Volg SARIE op Twitter en Facebook

  • Veronique Serfontein

    Ek is so bly vir Beyonce want sy en Jay Z sukkel nou al so lank om ‘n baba te kry.
    Geluk julle twee julle verdien dit

  • debbie sodien

    Baie geluk J&B mag die baba vir julle baie geluk bring!!!!